Seep

'n Stuk geparfumeerde seep. Seepkoekies is 'n 19de eeuse uitvinding
Rose gevorm van seep
Savon de Marseille (Marseille-seep) op 'n mark in Nice, Suid-Frankryk
Aleppo-seep uit Sirië is 'n natuurlike seep wat van olyfolie, bessie-olie en (dikwels) lourierblare berei word
Dudu-Osun is 'n handelsmerk vir swart seep uit Wes-Afrika. Die as van inheemse plante gee aan dié seep sy kenmerkende swart kleur[1]

Seep is 'n verbinding van hoër vetsure met 'n alkali (gewoonlik natrium- of kaliumsoute) wat as reinigingsmiddel gebruik word. Oorspronklik het seep 'n belangrike rol as ontvettingsmiddel vir die wol- en tekstielbedryf gespeel en later ook as reiniger vir tekstiele gedien. Na hierdie soort seep word as wasseep verwys. Die inherente probleme daarvan – soos die vorming van onoplosbare magnesium- en kalsiumsoute (magnesium- en kalsiumkarboksilaatpresipitate) in harde water – het die ontwerp van nuwe seeplose of sintetiese reinigers vir wasgoed bevorder.

Toilet- of fynseep is geparfumeerde seep wat vir persoonlike higiëne gebruik en sedert die 19de eeu hoofsaaklik in die vorm van seepkoekies aangebied word.[2]

  1. (en) www.treehugger.com: What is black soap? Besoek op 2 Augustus 2017 Geargiveer 8 Januarie 2018 op Wayback Machine
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named jw

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search